Quantcast
Channel: Slaaie | Maroela Media
Viewing all 43 articles
Browse latest View live

Rooislaai

$
0
0
Foto: Japtrap-braai

Foto: Japtrap-braai

Hierdie kombinasie van die beste rooi groente en vrugte waarmee die natuur ons seën, lewer ‘n baie interessante slaai. As enige van die bestanddele buite seisoen is, vervang dit met iets anders.

Bestanddele:
1 kop rooi blaarslaai of raddiccio, gewas en droog gemaak
1 klein kop rooikool, fyn gesnipper
1 groot rooi appel, ontkern en in skyfies gesny, nie geskil nie
sap van 1 suurlemoen
pitte van 1 granaat of 1 houertjie kersies
1 pakkie aarbeie, gewas, skoongesny en gehalveer indien baie groot
‘n handvol gedroogde bosbessies
‘n handvol pekanneute, grofgekap (opsioneel)

Slaaisous:
85 ml (een derde koppie) bosbessiesap
30 ml (2 e) witwynasyn
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) dun, loperige heuning
85 ml (een derde koppie) olyfolie
1 groot rooi ui, in dun skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Maak eers die slaaisous. Meng al die bestanddele in ‘n fles met ‘n skroefdeksel en skud goed. Plaas eenkant.
2. Pak die blaarslaai en kool op ‘n opdienbord uit. Sprinkel, in ‘n aparte bak, die suurlemoensap oor die appelskyfies en werk deur om oraloor te bedek. Die suurlemoen voorkom dat die appel verkleur. Strooi die appelskyfies, granaatpitte, aarbeie en bosbessies oor die slaai. Meng ligweg.
3. Bedruip met die slaaisous, meng liggies deur en sprinkel die neute oor net voordat jy die slaai voorsit.

Genoeg vir 4 – 6

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Resep: Piesangslaai

$
0
0
piekniek

Argieffoto

Jy kan hierdie maklike sousie al voor die tyd voorberei en dan net oor die piesangs gooi vir ‘n heerlike slaai saam met braaivleis.

Bestanddele:
3 eiers
125 ml wit asyn (½ k)
250 ml suiker (1 k)
10 ml mosterdpoeier (2 t)
knypie sout
250 ml ingedampte melk

Metode:
1. Klits die eiers, asyn, suiker, mosterdpoeier en sout saam in kastrol tot goed gemeng.
2. Verhit dit oor matige hitte tot dik en roer gereeld.
3. Haal dit van die stoof af sodra dit begin kook.
4. Laat afkoel.
5. Voeg die ingedampte melk by en meng.
6. Gooi dit in ‘n fles en bewaar dit in die koelkas tot benodig.
7. Vir slaai sny jy ‘n paar piesangs in skyfies en gooi van die sous oor.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Spanspekslaai

$
0
0
Argieffoto (crinolina.com)

Argieffoto (crinolina.com)

Bestanddele:
2 k spanspekblokkies
1 k perskestukkies
1 k komkommerblokkies
190 ml joghurt (¾ k)
knippie mosterd en sout na smaak

Metode:
Meng alles en bedien op slaaiblare.

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Tunaslaai

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Saam met growwe bruin brood is hierdie tunaslaai ʼn heerlike ligte ete op ʼn warm somersdag.

Bestanddele:
1 blik tuna (200 g) gevlok
1 blik sauerkraut (400 g) gedreineer
1 blik pynappelstukkie (410 g) gedreineer

Metode:
Voeg alles bymekaar en meng met mayonnaise.

Resep: Lena Colyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Pita met sitrushoender en dille slaai

$
0
0
pita-met-sitrushoender-en-dille-slaai

Hierdie is ‘n heerlike variasie op ‘n hoenderslaai en is nie net maklik om te maak nie, maar boonop baie gesond. Foto: Daniël-plan Kookboek/CUM-uitgewers.

Geniet ‘n opwindende variasie op ‘n klassieke hoenderslaai. Vir ‘n sterker suurlemoengeur kan jy ook die skil gebruik. As dille nie jou gunsteling krui is nie, kan dit vervang word met vars tiemie of kruisementblare. Jy kan ook ‘n oop toebroodjie hiervan maak met glutenvrye brood of rol dit in ‘n bruinrys tortilla op.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 3 koppies gaar hoenderborsies, opgesny
  • 4 klein selderystokkies, fyngekap
  • 4 eetlepels rooi-uie, fyngekap
  • 1 opgehoopte eetlepel vars dille, fyngekap
  • 4 eetlepels organiese of streng vegetariese mayonnaise
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • Seesout en swartpeper (of suurlemoenpeper)
  • 2 groot volgraan pita’s, gehalveer
  • Rooi blaarslaai
  • Tamatie in skywe, in skywe gesny (opsioneel)

Metode: 

  1. Meng die hoender, seldery, uie, mayonnaise, dille, suurlemoensap, sout en peper in ‘n mediumgrootte mengbak.
  2. Vul elke pitahelfte met ‘n slaaiblaar, ‘n sny of twee tamatie en dan ‘n kwart van die hoenderslaai.

Bron:

Die Daniël-plan Kookboek deur Rick Warren, dr. Daniel Amen en dr. Mark Hyman in samewerking met Die Daniël-plan se ontwerpersjefs.

Die boek is in hardeband en as ‘n e-boek beskikbaar en kan by CUM-uitgewers bestel word.

Resep: Heuning-en-mosterd-aartappelslaai

$
0
0
Heuning-en-mosterd-aartappelslaai

‘n Heuning-en-mosterd-aartappelslaai. Foto: Lekker&Vinnig Braaigeregte/Lapa Uitgewers.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele:

  • 1 kg baba-aartappeltjies
  • 250 g swoerdlose spekvleis, in blokkies gesny
  • 45 ml gesnipperde grasuie

Heuningmosterd slaaisous

  • 15 ml heuning
  • 65 ml appelasyn
  • 125 ml olie
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 30 ml vars pietersielie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Kook die aatappels in soutwater tot sag. Spoel onder lopende koue water af en trek die skille af. Hou eenkant.
  2. Braai die spekvleis tot bros en dreineer op kombuispapier.
  3. Berei die slaaisous deur al die bestanddele deeglik te meng.
  4. Sny die aartappels in die helfte en voeg die spekvleis. Roer liggies om te meng.
  5. Voeg die slaaisous by en marineer ten minste twee uur lank voordat dit voorgesit word. Skep in ‘n slaaibak en strooi die gesnipperde grasuie oor.

Bron: 

Lekker & Vinnig Braaigeregte deur Lapa Uitgewers

 

Resep: Caprese-slaai

$
0
0
Foto: Makietie

Foto: Makietie

Ons het die bekende slaai met ’n swetterjoel tamatiesoorte ’n bietjie woema gegee.

Voorbereiding: 15 minute

Bestanddele

  • Verskeidenheid vars tamaties van alle kleure
  • mozzarellakaas
  • olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper
  • growwesout
  • basiliekruid

 Metode

  1. Sny die tamaties in dik skywe.
  2. Skeur die mozzarellabolletjies in stukke en rangskik dit bo-op die tamatie.
  3. Nou vir die olyfolie, peper en sout. Moenie skaam wees nie! Hoe meer hoe beter.
  4. Voeg die basilieblare heel laaste by sodat dit nie te veeI kneus nie en steeds mooi vertoon wanneer die slaai tafel toe gaan.

Bron: Makietie, deur Tiaan Langenegger & Mynhard Joubert
Uitgewer: Human & Rousseau

Resep: Sandra se lekkernybord met doopsouse

$
0
0
Foto: Woestynkombuis

Foto: Woestynkombuis

Genoeg vir 8-10 mense

Bestanddele:

Vir avokado-doopsous:

  • 2 ryp middelslag-avokadopere, fyngedruk
  • 2 e mayonnaise
  • 1 e tamatiesous
  • ’n knippie sout
  • ’n knippie rooipeper

Vir uie-doopsous:

  • 4 t uiesoppoeier
  • 1½  k suurroom
  • ¼ k cheddarkaas, gerasper
  • ½ k okkerneute, gekerf

Vir lekkernybord:

  • I2 repies spek
  • 12 ontpitte pruimedante
  • olyfolie (vir braai)
  • 1 pak sampioene
  • botter (vir braai)
  • 3-4 middelslag-wortels, in lang dun repies gesny
  • ½ Engelse komkommer, in skyfies gesny
  • 1 blik aspersies
  • 2 k cheddarkaas, in repies gesny

Metode:

Vir avokado-doopsous:

  1. Meng al die bestanddele saam en verkoel.

Vir uie-doopsous:

  1. Klits die soppoeier en suurroom deeglik.
  2. Voeg die ander bestanddele by.
  3. Meng en sit voor met gemengde kraakbeskuitjies.

Vir lekkernybord:

  1. Draai die repies spek om die pruimedante.
  2. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die spek tot gaar.
  3. Braai die sampioene liggies in botter, of sit vars voor.
  4. Druk tandestokkies deur die sampioene en spekballetjies.
  5. Sit voor op ’n groot opdienbord saam met die res van die bestanddele.
  6. Doopsouse en soutbeskuitjies kan ook hiermee voorgesit word.

Bron: Woestynkombuis 
Uitgewer: Fox and Raven Home


Resep: Feestelike slaai

$
0
0

slaaiGenoeg vir 10 mense

Bestanddele:

Vir die sous:

  • 2 e suiker
  • 2 k mayonnaise
  • sout en peper na smaak

Vir die slaai:

  • blaarslaai, fyngekap
  • 6 grasuie, fyngekap
  • 1 groen soetrissie, gesny
  • ½ k fyn gemengde neute
  • 1½ k geblikte ertjies
  • mayonnaise-sous
  • 1 pak spek, gesnipper
  • 1 pak sampioene, gesny
  • 3 hardgekookte eiers, in skywe gesny
  • 2 k kaas, fyngerasper

Metode:

Vir die sous:

  1. Meng al die bestanddele goed saam.

Vir die slaai:

  1. Gebruik ’n diep slaaibak of ’n paar klein glasbakkies met regop kante (dit vertoon mooi met die lagies bestanddele).
  2. Braai die spek en sampioene saam en laat afkoel.
  3. Pak die slaai in lae, in die volgorde soos in die slaaibestanddelelys van bo af.

Bron: Woestynkombuis 
Uitgewer: Fox and Raven Home

[Resep] Geroosterde hoender-en-aarbeislaai met grenadella-slaaisous

$
0
0
Hoender-slaai

Geroosterde hoender-en-aarbeislaai met grenadella-slaaisous. Foto: Nina se kombuis

Perfek vir ʼn warm somersmiddag as die kinders van die skool af kom. Die kinders hou van die soetigheid van die vrugte en Ma kan gerus wees dat hulle iets gesond eet. Dis ʼn wen-wen situasie vir almal.

Lewer 4 -6 porsies

Bestanddele:

Vir die slaaisous

  • 1 x 110 g-blikkie grenadellapulp of die pulp van 4 grenadellas
  • gerasperde skil en sap van 1 lemoen
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 30 ml wit balsemiekasyn
  • 15-20 ml suiker
  • sout na smaak
  • 125 ml kanola-olie

Vir die slaai

  • 4 hande vol vars roket of slaaiblare van jou keuse
  • 1 braaihoender – ek maak gewoonlik twee hoenders as ons Sondae braaihoender maak
  • 250 g aarbeie, gewas, stingels verwyder en in kwarte gesny
  • 250 g pitlose sultanadruiwe, gewas en gehalveer
  • 100 g fetakaas
  • ‘n paar vars kruisementblare, ertjielote of bronkors vir garnering

Metode:

Vir die slaaisous

  1. Giet al die bestanddele, behalwe die olie, in jou voedselverwerker en meng.
  2. Gooi die olie geleidelik in ‘n dun straaltjie by totdat die slaaisous verdik.
  3. Verkoel totdat jy die slaaisous benodig.

Vir die slaai

  1. Plaas die slaaiblare op ‘n mooi plat slaaibord. Sny die hoender in kleiner stukke en pak op die slaaiblare.
  2. Voeg die aarbeie, druiwe, fetakaas en kruisement by en sit voor met die verkoelde slaaisous.
  3. Voeg die ertjielote of bron kors by die slaai – dit gee ‘n heerlike tekstuur aan die slaai en Iyk boonop mooi.
  4. Bedien met vars broodrolletjies of volgraanbrood.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

[Resep] Hoender-en-soetrissie-pastaslaai

$
0
0
Foto: Clover Ekonomiese Gesinskos

Hoender-en-soetrissie-pastaslaai. Foto: Clover Ekonomiese Gesinskos

Bederf jou kuiergaste gerus met dié heerlike slaai. Dis boonop ‘n heerlike somerslaai vir ‘n piekniek!

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

Pasta

  • 400 g klein skulpienoedels
  • 10 ml olie
  • 5 ml sout

Hoender

  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • 1 ui gekap
  • 2 selderystingels, fyngekap
  • 4 hoenderborsies, in repies gesny
  • genoeg hoenderspeserye
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 x 440 g-blikkie pynappelblokkies, gedreineer
  • 375 ml mozzarellakaasblokkies
  • 4 sprietuie, fyngekap
  • 15 ml fyngekapte vars pietersielie

Sous

  • 60 ml soetrissiesous (sweet chilli sauce)
  • 6 pikantrissies (peppadews), fyngekap
  • 250 ml mayonnaise
  • 125 ml Clover-suurroom

Metode:

Pasta

  1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente en dreineer. Roer ʼn klein bietjie olie deur sodat die pasta nie aan mekaar vaskleef nie. Bedek en hou eenkant tot benodig.
  2. Verhit die botter in ʼn swaarboompan en soteer die ui tot amper sag. Voeg die seldery by en soteer vir 3 minute.
  3. Strooi hoenderspeserye oor die hoenderrepies en braai in die pan tot die hoender gaar is. Geur die hoenderrepies liggies met sout en peper.
  4. Meng die gebraaide hoenderrepies en oorblywende bestanddele deur die pasta.

Sous

  1. Meng die sousbestanddele saam en roer liggies deur die pasta tot gemeng.
  2. Sit die slaai koud of by kamertemperatuur voor.

ʼn Persentasie van die boek se verkope word aan die Clover Mama Afrika-projek geskenk.

Bron: Clover Ekonomiese Gesinskos
Uitgewer: Lapa

[Resep] Verruklike Kersfees-spyskaart

$
0
0
Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

Die feestyd is sinoniem met spesiale etes, mooi gedekte tafels en samesyn. ʼn Spesiale en selfs spoggerige Kers- of feesete hoef gelukkig nie ure lange werk in die kombuis te verg nie.

Hierdie spyskaart van Heleen Meyer, bekende gesig op Die Groot Ontbyt en ʼn koskonsultant wat mense graag aanmoedig om lekker en gesonder te eet, is perfek vir Kersfees. Haar resepte is geurig, maklik om te maak en daar is altyd iets vir elkeen se smaak.

Die spyskaart

  • Perskes met dukkah, kaas en basiliekruid (voorgereg)
  • Ontbeende lamsboud oor die kole
  • Drie souse vir aartappelslaai
  • Groenslaai en vrugte soos waatlemoen
  • Bessie-pavlova

Perskes met dukkah, kaas en basiliekruid

Sny perskes of nektariens in wiggies en plaas op ʼn groot bord met blokkies mozzarella-kaas (of gebruik die kleiner balletjies mozzarella, bekend as boccoccini, vir ʼn spesiale geur en effek). Sny komkommer in dik skywe en pak saam met die vrugte en basiliekruidblare op die bord. Strooi dukkah of geroosterde amandels oor en sit voor met olyf- of avokado-olie en balsamiese asyn of ʼn balsamiese reduksie. Maak vir elkeen hul eie slaaitjie of ryg die bestanddele op kebabstokkies. Bedruip met olie en asyn of die reduksie en sprinkel dukkah oor net voor dit voorgesit word.

Ontbeende lamsboud oor die kole

Resep aangepas uit Onthoukos
Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:

  • 1,5 kg lamsboud, ontbeen en oortollige vet verwyder (vra jou slagter om dit te doen)
  • 5 groot knoffelhuisies, in repies gesny
  • 6 takkies roosmaryn, blare gestroop
  • 8 takkies tiemie, blare gestroop
  • fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 30-45 ml (2-3 e) olyf- of avokado-olie
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Vou die vleis oop om min of meer in ’n eweredige laag te lê. Indien nodig, maak versigtig een of twee snitte om enige dikker dele effens platter te kan druk.
  2. Plaas knoffel, kruie en suurlemoenskil en -sap in ’n vysel. Maak met ’n stamper fyn om ’n growwe mengsel te vorm. (Of kap knoffel, kruie en suurlemoenskil alles baie fyn met ʼn skerp mes en roer die suurlemoensap by.)
  3. Meng die knoffel met die olie en smeer oral oor die lamsboud. Plaas in ’n groot mengbak, bedek en laat oornag (of minstens 2 uur) in die yskas marineer. Moenie dit met sout en peper geur nie.
  4. Berei die ketelbraai met ongeveer 30 brikette in elke kolehouer. Die kole is gereed sodra ’n dun lagie as op die brikette sigbaar is.
  5. Geur boud aan weerskante met sout en peper. Verf met ’n bietjie ekstra olie en plaas plat op die rooster, maar oor indirekte hitte en dus nie direk bo-oor die kole nie. Plaas deksel op en hou ventilasiegate bo en onder oop.
  6. Braai vir 45 minute tot 1 uur vir medium gaar of tot die gaarheid van jou keuse, maar verkieslik nog effens pienk aan die binnekant.
  7. Laat die vleis vir 10 minute rus voor dit gesny word om die verlies van die vleissappe te beperk. Sit warm of teen kamertemperatuur voor met jou gunstelingbykosse of slaaie.

Wenke:

  • Braai die vleis oor matige kole in ’n toeklap-rooster of rooster dit teen 180 °C in die oond. Dit neem min of meer net so lank as in die ketelbraai. Bedek die vleis met foelie vir die eerste gedeelte van die gaarmaaktyd in die oond.
  • Gaarmaaktye as ’n riglyn: vir medium-gaar, vleis aan die been, 20 minute vir elke 500 g, plus ’n ekstra 20 minute. Medium-gaar, ontbeende vleis: 15 minute per 500 g, plus ʼn ekstra 15 minute.
  • Sny altyd ’n boud of ander groot vleissnit teen die grein van die vleis, anders kan dit taai voorkom of baie frummelrig wees. Gebruik ’n gladdelem-mes vir hierdie doel.
  • Oorskiet-lamsvleis is perfek vir ’n ligte slaai die volgende dag of gebruik dit op toebroodjies.

Drie souse vir aartappelslaai 

Resep uit Maak vyf
Lewer 4 – 6 porsies

Almal het húl manier om aartappelslaai te maak en hou boonop van verskillende bestanddele daarin. Hier is drie verskillende souse waaruit jy kan kies en al drie sal heerlik wees met die lamsvleis. Jy kan nog steeds agurkies, hardgekookte eiers of ui byvoeg as jou gesin daarvan hou. Ek hou van ’n aartappelslaai wat met klein aartappeltjies in die skil gemaak is.

Bestanddele:

  • 750 g jongaartappeltjies in die skil

    Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

    Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

  • sout en peper
  • 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie

Suurroom-en-dillesous

  • 30 ml (2 e) suurlemoensap
  • 125 ml (½ k) suurroom
  • 30 ml (2 e) melk
  • 60 ml (¼ k) grofgekapte vars dille

Kerriejogurtsous

  • 125 ml (½ k) mayonnaise van goeie gehalte
  • 125 ml (½ k) ongegeurde jogurt
  • 2,5 ml (½ t) appelkooskonfyt of heuning
  • 5 ml (1 t) kerriepoeier
  • 45 ml (3 e) gekapte vars koljanderblare

Parmesaan-en-suurlemoensous

  • 45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
  • sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml (2 e) gekapte vars grasuie
  • 30 ml (2 e) fyngerasperde parmesaan- of wit cheddarkaas

Metode:

  1. Plaas jongaartappeltjies met ’n bietjie water en ’n knippie sout in ’n kastrol. Verhit oor matige hitte tot kookpunt, stel die hitte laer en prut met die deksel op vir 15-20 minute of tot net sag.
  2. Dreineer die aartappels en plaas in ’n groot mengbak. Giet die olie oor en skud die bak om die aartappeltjies met olie te bedek. Dit verleen ’n heerlike geur. Laat dit afkoel en sny in die helfte.
  3. Kies die sous wat by die res van jou maaltyd gaan pas en meng die bestanddele saam. Geur na smaak. Meng die sous met die aartappels. Dit kan teen kamertemperatuur of yskoud voorgesit word.

Wenke:

  • Roketblare, gemarineerde songedroogde tamaties, olywe, fetakaas of vars origanum en roosmaryn is ook heerlik saam met die parmesaansous.
  • Toets die aartappels met ’n toetspen of skerp messie, om ’n so klein as moontlike snit daarin te maak. ’n Groot snit laat die aartappel te veel water absorbeer en oopbars.
  • Moenie gaar aartappels in die water los nie, dreineer dit dadelik. Meng ’n aartappelslaai met die agterkant van ’n houtlepel of sommer met jou hand, om te keer dat jy die aartappels stukkend steek.

Groenslaai en vrugte

Berei ’n groenslaai voor met vars bestanddele soos appel, druiwe, komkommer en ʼn lekker verskeidenheid slaaiblare en selfs spinasieblare. Blansjeer broccoli of groenboontjies vir nog tekstuur en rond die slaai af met ʼn kaas van jou keuse. Feta is lekker en selfs bloukaas is heerlik in ʼn groenslaai. Geroosterde sonneblomsaad of neute is ook altyd ʼn wenner.

Sny waatlemoen in skywe of blokkies en sit dit yskoud as nog ʼn slaai voor. As jy iets interessanter daarmee wil doen, skeur ʼn handvol kruisementblare in growwe stukkies en strooi oor blokkies waatlemoen – dis ʼn heerlike geurkombinasie en perfek met lamsvleis.

Bessie-pavlova 

Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

Bessie-pavlova. Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

Resep uit Maak vyf
Lewer 8 porsies

ʼn Nagereg van die boonste rak! Om ’n pavlova te maak skrik die meeste mense af. Hierdie resep is egter maklik en jy hoef nie ’n perfekte pavlova te bak nie. Die Griekse jogurt en crème fraîche maak dit ’n besondere bederf vir ’n spesiale geleentheid.

Bestanddele:

  • 250 ml (1 k) Griekse jogurt
  • 250 ml (1 k) crème fraîche (of suurroom)
  • 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap
  • 4 ekstragroot eierwitte, teen kamertemperatuur
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap
  • 300 g bessies van jou keuse, soos bloubessies, frambose en aarbeie
  • vars kruisement

Metode:

  1. Meng die jogurt en crème fraîche en roer die vanieljesaadjies deur. Voeg die peul by die mengsel en verkoel tot benodig.
  2. Voorverhit intussen die oond tot 130 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Smeer ’n bietjie olie liggies in ’n groot sirkel op die papier.
  3. Giet die eierwitte, strooisuiker, vanieljegeursel, suurlemoenskil en -sap in ’n groot glasbak. Klits met ’n elektriese klitser vir ongeveer 10 minute of tot stywe punte vorm. Die eiers moet lig en donsig word en die tekstuur van malvalekker hê. Moenie te ver klits nie, dan word dit droog.
  4. Skep die mengsel op die bakplaat en smeer liggies in ’n 24 cm-sirkel. Dit hoef nie perfek rond te wees nie.
  5. Bak vir 1 uur of tot net goudbruin en gestol. Skakel die oond af en laat die pavlova heeltemal in die oond afkoel. (Dit kan reeds die vorige dag gedoen word.)
  6. Verwyder die vanieljepeul en smeer die jogurtmengsel egalig oor die pavlova en rangskik die bessies bo-op. Versier met kruisementblare en sit dadelik voor.

Wenke:

  • Enige ander vrugte van jou keuse kan gebruik word – selfs vye, granaatpitte en druiwe.
  • Om eierwitte styf te klits: maak seker dat die mengbak baie skoon en droog is. Enige vetterigheid sal verhoed dat die eiers styf klits. Gebruik ’n glas- of vlekvryestaalmengbak in plaas van ’n plastiek-een. Maak ook seker dat die klitser goed skoon is.
  • Eiers teen kamertemperatuur klits gouer styf as eiers wat direk uit die yskas kom. Eierwitte wat bevries was, klits maklik tot ’n hoë volume.
  • Gebruik die eiergele vir roereier of omelette.

As jy nog van Heleen se resepte wil maak, belê gerus in ʼn eksemplaar van haar jongste resepteboek, Maak vyf – met ʼn verskeidenheid bekende bestanddele waarvoor sy elke keer vyf resepte gee. Bestel sommer vandag nog jou spesiaal getekende eksemplaar by heleen.m@iafrica.com. Besoek Heleen se Facebook-blad of webwerf vir meer besonderhede.

[Resep] Vinnige bykosse

$
0
0
Foto: Jou beste lewe

Vinnige bykosse. Foto: Jou beste lewe

Probeer hierdie heerlike bykosse wat vinnig is om te maak en boonop gesond en smaaklik is. Bedien dit saam met enige hoofgereg.

Bedien 4

Tamatieslaai

Bestanddele:

  • 50 ml vars basiliekruid, gekap
  • 1 klein knoffelhuisie, fyngekap
  • 50 ml olyfolie (of koudgeparsde avokado-olie)
  • 75 ml rooiwynasyn
  • varsgemaalde sout en peper
  • na smaak
  • 5-6 medium roma-tamaties, gesny

Metode:

  1. Meng al die bestanddele behalwe die tamaties saam in ʼn bak.
  2. Voeg dan die tamaties by en meng goed.

Geroosterde eiervrugslaai

Bestanddele:

  • 2 medium eiervrugte, in 1 cm skywe gesny
  • 50 ml olyfolie (of koudgeparsde avokado-olie)
  • 75 ml rooiwynasyn
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 eetlepels vars kruisement, gekap
  • 50 g fetakaas (een wiel)
  • varsgemaalde sout en peper

Metode:

  1. Braai die droë eiervrug in ʼn warm riffelpan tot bruin aan albei kante.
  2. Plaas in ʼn bak en bedek met kleefplastiek en laat dit stoom vir 10 minute om die eiervrug ʼn romerige tekstuur te gee.
  3. Voeg die olie, asyn, knoffel, kruisement en gekrummelde feta by. Geur na smaak en meng goed.

Gemarineerde Oosterse Komkommers

Bestanddele:

  • ½ Engelse komkommer, in die middel deurgesny en dan in skywe gesny
  • 2 nartjies, geskil en in skywe gesny
  • 50 ml rysasyn
  • 10 ml sesamolie

Metode:

  1. Meng alles saam in ʼn slaaibak.

Wenk:

Superbykosse kan jou help om maer te bly deur die ergste van jou hongerpyne te stil. Om meer te eet as wat ons regtig moet (beter bekend as my-oë-was-te-groot-vir-my-maag-sindroom) veroorsaak gewigstoename – wat geen verrassing is nie! Studies toon deur ʼn slaai voor ʼn hoofmaaltyd te geniet, kan jy jou totale kalorie-inname verminder deur minder te eet met die hoofmaal, want jy voel klaar meer versadig.

Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM

[Resep] Kerrie-vrugteslaai

$
0
0
Foto: Lekker en Vinnig

Kerrie-vrugteslaai. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie resep mag dalk vreemd klink, maar kyk net wat is alles in dié slaai. Laat weet gerus indien jy hierdie outjie gaan voorberei, ons hoor graag van jou!

Lewer 6 – 8 porsies

Bestanddele:

  • 30 ml botter of margarien
  • 5 uie, geskil en in ringe gesny
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • knippie sout
  • 10 ml mielieblom
  • 7 ml mosterdpoeier
  • 130 ml asyn
  • 40 ml bruinsuiker
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml water
  • 100 ml sultanas
  • 2 piesangs, geskil en in skyfies gesny
  • 1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer
  • 1 x 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer
  • ½ kop blaarslaai, gewas en in stukke gebreek

Metode:

  1. Smelt die botter of margarien en soteer die uie, kerrie en borrie daarin tot sag.
  2. Meng res van bestanddele, behalwe vrugte, en voeg by uiemengsel.
  3. Prut sous sowat 3 minute lank tot gaar en dik. Laat afkoel.
  4. Roer piesangs, perskes en pynappel in.
  5. Rangskik slaaiblare in ʼn slaaibak en skep slaai bo-op.

Bron: Lekker en Vinnig – Braaigeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers deur Hannetjie Joubert.

[Resep] Jakkie se heerlike biltongslaai

$
0
0
Foto: Lekker en Vinnig

Jakkie se heerlike biltongslaai. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie slaai is vullend en heerlik vir die werk of sommer ʼn maklike maaltyd by die huis.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele:

Slaaisous

  • 125 ml gekapte pietersielie
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 125 ml gekapte sprietuie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2,5 ml korrelmosterd
  • 125 ml olyfolie
  • 30 ml witasyn
  • 15 ml suiker

Slaai

  • 500 ml dungekerfde biltong
  • verskeidenheid groen slaaiblare
  • 1 – 2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 avokado’s, geskil en in skyfies gesny
  • 2 eiers, hardgekook en in kwarte gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in lang repies gesny

Metode:

  1. Slaaisous: Meng slaaisousbestandddele saam.
  2. Slaai: Plaas die biltong in die sous en laat vir minstens 2 ure of verkieslik oornag in die yskas marineer.
  3. Pak die slaaiblare op die individuele borde en rangskik die res van die bestanddele bo-op die blare. Skep die biltong en van die slaaisous oor en sit dit dadelik voor. Enige orige slaaisous kan saam met die slaai voorgesit word.

Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville, deur Leana Pool.


[Resep] Visslaai

$
0
0

Visslaai (Foto: uit Diabetes deur Hilda Lategan, Lapa-uitgewers)

Die hele gesin sal heerlik eet aan hierdie slaai – ertjies en al!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 100 g gemengde slaaiblare, in kleiner stukkies geskeur
  • ½ Engelse komkommer, in blokkies of skyfies gesny (60 g)
  • 1 middelslag-appel, bv. Pink Lady, ontpit en in skyfies gesny (150 g)
  • ½ middelslag-ui, in dun skyfies gesny (50 g)
  • 12 kersietamaties, gehalveer (100 g)
  • 2 x 170 g-blikke tunastukke in pekelwater, gevlok (300 g gedreineer)
  • 100 g vars of bevrore groenertjies, met kookwater afgespoel
  • 40 g laevet-fetakaas, gekrummel
  • 75-100 ml Griekse lae-olie-slaaisous
  • gekapte vars kruie, soos vinkel, pietersielie en/of mentblare

Metode

  1. Rangskik die slaaiblare, skyfies komkommer, appel, ui, tamatiehelftes, tuna, ertjies en fetakaas op ʼn slaaibord.
  2. Drup van die slaaisous oor en strooi die gekapte kruie oor. Verkoel die visslaai goed voor opdiening.
  3. Dien dit op met ʼn volgraanbroodrolletjie of rol dit op in ʼn sagte tortilla.

Variasies

  • Vervang die tuna met enige ander koue gaar vis soos sardyne in tamatiesous, makriel, snoek of salm of gaar hoenderfilette vir ʼn hoenderslaai.
  • Vervang die komkommer met agurkies of ingemaakte kappertjiesaad.
  • Vervang die tamaties met ingemaakte pikante soetrissies of repies vars rooi soetrissie. Jy kan ook die soetrissie halveer, ontpit en liggies met olyfolie bespuit voordat dit 10 tot 15 minute by 200-220 ˚C gerooster word. Trek die velle af en sny die rissie in repies.

Uit: Diabetes deur Hilda Lategan, Lapa-uitgewers

[Resep] Wors-en-fetakaas-slaai

$
0
0

(Foto: Beste uit Vrouekeur no. 3)

Oorweeg dié slaai met botterskorsie, boerewors en fetakaas, ʼn kombinasie waarmee jy net kan wen.

4 porsies

Bestanddele

  • 45 ml olyfolie
  • 1 botterskorsie, in blokke gesny
  • 500 g boerewors
  • 1 rooi ui, in dun wiggies gesny
  • 45 ml balsamiese asyn
  • 10 ml ligte bruinsuiker
  • 250 g sampioene, gehalveer
  • ʼn handvol roketblare
  • 1 fetakaasskyf, gekrummel
  • 250 ml mozzarellakaas, in blokkies gesny

Metode

  1. Plaas die botterskorsie in ʼn glasbak en voeg ʼn klein bietjie water by. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir vyf minute tot sag. Trek die kleefplastiek effens af en giet die oortollige water af. Hou eenkant.
  2. Verhit die ʼn bietjie van die olie en braai die wors tot gaar. Sny in stukkies en hou eenkant.
  3. Verhit nog ʼn bietjie olie en soteer die ui tot sag. Voeg die asyn en suiker by. Soteer vir nog 5 minute totdat die suiker opgelos is.
  4. Verhit solank ʼn bietjie olie in ʼn ander braaipan en soteer die sampioene tot gaar. Skep die sampioene by die uimengsel.
  5. Verhit die olie indien nodig en braai die botterskorsie liggies.
  6. Skep die botterskorsie en worsstukkies by die uimengsel. Kook tot deurwarm.
  7. Skep op ʼn opdienbord. Strooi die roketblare, feta en mozarella bo-oor.
  8. Sit dadelik voor.

Uit: Beste uit Vrouekeur no. 3, Lapa-uitgewers

[Resep] Boerewors-en-koeskoes-slaai

$
0
0

(Foto: Beste uit Vrouekeur, Lapa-uitgewers

4 porsies

Bestanddele

  • 600 g boerewors
  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml vars knoffel, gekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 3 sprietuie, gekap
  • 1 hoenderaftrekselblokkie, gekrummel
  • 500 ml kookwater
  • 10 ml olie
  • 500 ml koeskoes

Metode

  1. Verhit ʼn braaipan en braai die wors in ʼn bietjie water tot gaar. Moenie ekstra olie gebruik nie.
  2. Laat die wors afkoel en sny in happiegrootte stukkies.
  3. Verhit ʼn bietjie olie in ʼn ander braaipan en soteer die ui en knoffel tot die ui sag is.
  4. Voeg die sampioene by en soteer tot net gaar.
  5. Voeg die soetrissies by en roerbraai vir twee minute. Die soetrissies moenie sag wees nie. Voeg die sprietuie by en verwyder van die hitte.
  6. KOESKOES: Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op en roer die olie by.
  7. Roer die koeskoes by die warm hoenderaftreksel. Plaas ʼn deksel bo-op en laat dit vir 10 minute staan tot die koeskoes goed uitgeswel is.
  8. Roer die koeskoes met ʼn vurk tot dit los van mekaar
  9. Meng die koeskoes liggies by die worsmengsel. Moenie te veel roer nie, anders lyk dit deurmekaar.
  10. Sit by kamertemperatuur voor.

Uit: Beste uit Vrouekeur, Marlo Kitshoff Carstens, Lapa-uitgewers

Geroosterde murgpampoentjie-, lemoen-en-rooi-uieslaai

$
0
0

Geroosterde murgpampoentjie-, lemoen-en-rooi-uieslaai (Foto: Gunsteling braairesepte, Lapa-uitgewers)

Hierdie oorspronklike slaai is perfek om die naweek voor te sit by die familiebraai.

Bestanddele

  • 60 ml Mooi River Clover-botter
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 6-8 murgpampoentjies
  • 1 rooi-ui in skyfies gesny
  • lemoene, afgeskil en in skyfies gebreek
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • knoffelhuisie, gekneus
  • 5 ml Dijonmosterd
  • 15 ml witasyn
  • 10 ml strooisuiker
  • 45 ml olyfolie
  • 5 ml vars gekapte tiemieblare

Om op te dien (opsioneel)

  • granaatpitte
  • vars geskeurde kruisementblare
  • Clover fetakaas

Metode

  1. Plaas die botter, olie en gemende kruie in ʼn klein pannetjie en verhit tot die botter gesmelt is.
  2. Sny murgpampoentjies in dun repe (gebruik ʼn mandolien of groenteskiller.) Verf albei kante van die murgpampoentjies met die bottermengsel en rooster vir 1-2 minute aan ʼn kant op die braai of in ʼn warm riffelpan op die stoof.
  3. Rangskik die murgpampoentjies op ʼn opdienbord.
  4. Rooster die uieskyfies vir 1-2 minute aan ʼn kant en plaas bo-op murgpampoentjies, gevolg deur die lemoenskyfies.
  5. Plaas die oorblywende bestanddele in ʼn klein mengbak en klits saam. Bedruip die slaai met die slaaisous.
  6. Garneer voor opdiening met van die opsionele bestanddele indien verkies.

Clover, Gunsteling braairesepte, Lapa-uitgewers.

[Resep] Geroosterde groente-en-koeskoesslaai

$
0
0

(Foto: Gesonde Kosblikke, Lapa-uitgewers, Martie Hofmeyr en Janet Wiegand)

Sodra jy jou eerste happie van dié kleurvolle slaai geëet het, sal al jou vooropgestelde idees van slaai soos mis voor die son verdwyn.

Aantal porsies: 6

Bestanddele

  • ½ klein botterskorsie, in dik vingers gesny
  • 4 jong murgpampoentjies, in die lengte gesny en dan weer gehalveer
  • 2 klein rooi-uie, in wiggies gesny
  • 250 ml blomkoolstukkies, in die helfte gesny
  • 15 ml makadamia-, olyf- of kanola-olie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml swartpeper
  • 5 ml gemengde kruie (droog of vars)
  • 250 ml rou lae-GI-koeskoes*
  • 250 ml kookwater
  • 15 ml groente-aftrekselpoeier
  • 30 ml gekapte vars pepermentblare
  • 30 ml gekapte vars koljander
  • 125 ml fetakaasblokkies
  • 60 ml fyngesnyde songedroogde tamaties

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rangskik die groente in ʼn oondbak.
  2. Meng die olie, suurlemoensap, sout, peper en gemengde kruie en drup oor die groente.
  3. Bak ongeveer 30 minute tot gaar maar steeds ferm. Roer af en toe. Maak intussen die koeskoes. Plaas die koeskoes in ʼn oondvaste bak of kastrol.
  4. Los die groente-aftrekselpoeier in die kookwater op en giet oor. Bedek en laat staan ongeveer 10 minute. Gebruik ʼn vurk om die korrels los te maak.
  5. Meng die pepermentblare en koljander met die gaar groente. Skep die groente op die koeskoes. Sprinkel die fetakaas en songedroogde tamaties bo-oor.
Viewing all 43 articles
Browse latest View live